Local newsNews

Man vermis – polisie vra hulp

Die polisie het die hulp van die gemeenskap gevra in die soeke na die vermiste 38-jarige Paul Basson van Parkweg. Basson is op 7 Junie as vermis aangemeld. Hy is oorspronklik van Wynberg in die Kaap, maar is die laaste keer deur ‘n voormalige vriendin gesien toe hy op pad was werk toe. Basson het …

Die polisie het die hulp van die gemeenskap gevra in die soeke na die vermiste 38-jarige Paul Basson van Parkweg.

Basson is op 7 Junie as vermis aangemeld. Hy is oorspronklik van Wynberg in die Kaap, maar is die laaste keer deur ‘n voormalige vriendin gesien toe hy op pad was werk toe.

Basson het ‘n bruin denim, grys baadjie, swart skoene en swart pet gedra.

Sy werkgewer het ook bevestig dat hy op dieselfde dag by die werk was en die laaste keer gesien is toe hy daar weg is

Enigeen wat Basson sou sien of weet waar hy hom bevind word gevra om speurder-konstabel marcia Mphulenyane te skakel by 078 840 8933, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Jy kan ook ‘n anonieme wenk laat op die MySaps toepassing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button