Local newsNews

Gedink jy’t nie versekering nodig nie…tot die lewe gebeur

As jy dit nie kan bekostig om jou motor of huis en alles daarin self te vervang nie, dan het jy versekering nodig.

Ons wil almal glo dat slegte dinge nie met óns sal gebeur nie – en dit laat ons soms wonder hoekom ons versekering moet hê. Die waarheid is – ongelukke gebeur, misdaad is ’n realiteit, en versekering is ’n noodsaaklikheid.

“Mense besef eers die ware waarde van versekering wanneer iets verkeerd loop,” sê Wynand van Vuuren, kliëntervaring-vennoot by King Price Insurance. “Maar jy kan maar seker wees – op ’n stadium gaan iets verkeerd loop. Soms veroorsaak jóú aksies per ongeluk verlies of skade, en soms is dit glad nie jou skuld nie.

Die ongeluk wat nie jou skuld was nie:
Jy ry huis toe van die werk. Jy hou by die spoedgrens. Jy is paraat. Maar iemand anders is nie. Hulle jaag oor ’n rooi lig en stamp jou kar… Dit gebeur! Selfs al doen jy alles reg, kan iemand anders se slegte besluite steeds jou lewe beïnvloed.

Die kar wat net… verdwyn het:
Jy’t hom by die winkelsentrum, buite die gimnasium of in jou oprit geparkeer. En toe’s hy net weg… Motordiefstal en kapings gebeur só gereeld dat dit nie eers meer nuuswaardig is nie. Maar kyk net na die syfers: In die laaste drie maande van 2024 is 8 597 motors gesteel en 5 477 gekaap. Die kans dat jóú motor dié maand ’n statistiek word, is groter as wat jy dink.

Die geyser wat deur jou dak gereën het:
Jy kom huis toe en hoor water bruis. Jy maak die badkamerdeur oop en… dit reën? Binne? ’n Geyser wat bars kan geweldige skade veroorsaak – nie net aan die geyser self nie, maar ook aan jou plafonne, kaste, meubels en toestelle. En dis die tipe skade wat vinnig optel.

Die weerligstraal wat jou elektronika gebraai het:
Kraggolwe ontstaan wanneer die elektrisiteitspanning skielik op- of afgaan – hetsy deur beurtkrag, herstelwerk of weerlig. Hoekom is dit belangrik? Want dit kan jou TV, yskas, rekenaar, hek-motor – enigiets met ’n prop – laat opblaas. En om alles gelyk te vervang? Dis genoeg om jou bloeddruk te laat styg.

Die oepsie wat nie net jou geraak het nie:
Jy vergeet om die handrem op te trek, en jou kar rol deur iemand se muur, oor hul orgidee-tuin en in hul swembad… Jy moet nie net vir jou eie skade betaal nie – jy is wettig aanspreeklik vir die muur, blomme en swembad ook. Dit maak dit ’n baie duur fout! Gelukkig dek motorversekering hierdie tipe regsverpligting. Trouens, derdeparty-aanspreeklikheidsdekking is een van die belangrikste redes om motor- én gebouversekering te hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button