Local newsNews

66 Gevalle van masels reeds in die VS bevestig

Ouers is aangeraai om seker te maak hul kinders se inentingsprogramme is op datum. Die meeste gevalle wat tot dusver aangemeld is was by kinders tussen vyf en nege jaar oud.

Daar is reeds 66 gevalle van masels in die Vrystaat bevestig hoofsaaklik by kinders van vyf tot nege jaar oud.

Masels is ‘n hoogs aansteeklike virale infeksie. Simptome sluit onder meer in in ‘n loopneus, rooi uitslag, moegheid, hoes en koors.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat het ouers aangeraai om seker te maak hul kinders se inenetings is op datum. Die masels-entstof is veilig en doeltreffend.

Die toename in masels-gevalle word onder meer  toegekryf aan ontwrigting van inentingsprogramme teen masels tydens Covid-19.

Mvambi het ook bevestig dat die eerste masels-geval in die Vrystaat op 23 Februarie in die Lejweleputswa-distriksmunispaliteit aangemeld is. Die distriksmunisipaliteit sluit die Matjhabeng (Welkom, Virginia, Odendaalsrus en Allanridge), Nala (Bothaville, Wesselsbron), Masilonyana (Winnie Mandela, Theunissen, Verkeerdevlei, Winburg),  Tswelopele (Bultfontein, Hoopstad) en Tokologo (Boshof, Dealesville en Hertzogville) munisipaliteite in.

Van die bevestigde gevalle was 12 in die Nala munisipaliteit, nege in Masilonyana, 40 in Matjhabeng en vyf in Tswelopele.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button