Het jy al vandag gestem vir besighede wat uitstaan as dit kom by diens?
Onthou dat jy tot 31 Julie elke dag kan stem vir die genomineerde besighede in die onderskeie kategorieë.


Onthou jy het nog net tyd tot 31 Julie om te stem vir besighede in Parys wat uitstaan wanneer dit kom by diens by uitnemendheid. Met vanjaar se MooiVaal Media Best of Parys 2025- Readers’ Choice toekennings gee ons weer erkenning aan plaaslike besighede wat die ekstra myl loop vir kliëntetevredenheid.

Omdat dit ‘n digitale kompetisie is, kan slegs op die aanlyn-stemvorm gestem word.
Die wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal, en die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner. Wenners sal tydens ‘n spog-geleentheid aangekondig word.
Hoe stem jy?
* Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.
* Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
* Jy kan elke dag slegs een keer van ‘n IP-adres af stem terwyl stemlyne oop is. (Hou in gedagte dat alle gebruikers op ‘n Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het)
Hieronder is die skakels wat jou direk na die stemvorm neem vir die onderskeie kategorieë.
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-automotive-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-eat-drink-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-health-beauty-wellness-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-home-improvements-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-hospitality-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-retail-vote/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-service-vote/
Jy kan ook die volgende QR-kodes skandeer wat jou ook direk na die aanlyn stemvorm van die onderskeie kategorieë sal neem:




