Local newsNews

Krokkies swaai die stokke en kolwe

Uitstaande sportmangees is vanoggend by spelers gesien en is die dag baie goed ondersteun.

Krokkiedag het die dorp behoorlik vanoggend aan die woel gehad met dié jaarlikse mini-hokkie en krieketdag wat op Primêre Skool Parys se sportgronde aangebied is.

Op die hokkievelde het die o.6, o.7, o.8 en o.9 spanne van ML Fick, Mooirivier, Heilbron,  Noordskool , Lumiére, Fonteine, Parys, Salomon Senekal,  Vaalpark en Losberg kragte gemeet.

Op die krieketveld was dit die o.7 en o.8 spanne van Heilbron, Dome Primary School, Lumiére, Noordskool en Schonkenville wat mekaar die stryd aangesê het.

Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat kolwe en hokkiestokke by die dosyne  met groot ywer hier geswaai is vir die vriendskaplike wedstryde. Die geesdrif van die spelers op die veld,  maar ook die entoesiasme van ondersteuners langs die veld was aansteeklik.

Die hokkiefoto’s is geneem tydens die o.7Bs se wedstryd tussen Parys en Mooirivier wat gelykop beslis is.

Die foto’s op die krieketveld is geneem met die o.7’s van Parys wat teen die span van Schonkenville gespeel het.

Die 6-jarige Chadwin de Lange van Schonkenville Intermediate School het sy hart uit gespeel. 

Op die foto kolf Calvin Jordaan van Schonkenville met Luan Neethling en Henco Oosthuizen in die agtergrond. 

Die dag is gekenmerk deur uitstaande sportmangees op en van die veld. Hier is Imke Jansen van Schonkenville Intermediate School en Carien Heunis van Primêre Skool Parys wat daar was om hul onderskeie skole se spelers aan te moedig op die krieketveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button