Parys wys Saterdag tande in Noordvaal-beker finaal
Toeskouers kan hul regmaak vir 'n taai stryd tussen die twee spanne wat op die veld sal draf.
Toeskouers kan Saterdag ‘n naelbyt wedstryd verwag wanneer Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan teen Hoërskool Voortrekker sal uitdraf vir die finaal van die Noordvaal-beker.
Die wedstryd word op Hoërskool Carletonville se veld gespeel en skop om 09:00 af.
Dit is dieselfde veld waar Parys verlede naweek vir Hoërskool Carletonville verslaan het in die semi-finaal van die Noordvaal-beker stryd. Die wentelling was 27-10 in Parys se guns.
Interessant is dat Parys vroeër vanjaar in ‘n senutergende eindstryd van die Valke-liga ook teen Voortrekker gespeel het en Parys toe as ligawenners uit die stryd getree het, met die span van Voortrekker as naaswenner.
Inderdaad ‘n taai stryd wat Saterdag op dié twee skole wag.




