Local newsNews
Morsjorse se gemors skoongemaak
Van gebruikte kondome tot wegneemetehouers is vanoggend langs die rivieroewer opgetel.
‘n Handvol vrywilligers het vanoggend saam met MooiParys en DA-lede 57 sakke vullis langs die rivieroewer naby die hangbrug opgetel.


Maar wat motiveer jou om op ‘n Saterdagoggend jou tyd af te staan om ander se gemors skoon te maak? Vir dié vrywilligers is dit ‘n saak van trots, want wie anders moet dit doen, sê hulle.



Van gebruikte kondome tot wegneemete houers is opgetel. Die jammerte – vulllisdromme staan oral langs die rivieroewer. Tog gooi mense net neer.
- Baie dankie ook aan Stefanie Fourie en vrywilligers uit die gemeenskap wat steeds help om die hangbrug instand te hou en hier in die omgewing van die hangbrug weekliks skoonmaak en seker maak die oewergras word gesny.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



