Local newsNews

Polisie soek ooggetuies ná moord op 24-jarige

Ses jaar na die moord op Julian Richard is sy moordenaars nog soek.

Die polisie in Potchefstroom doen ’n beroep op die gemeenskap om ooggetuies te help identifiseer in ’n moordsaak wat in die vroeë oggendure van Vrydag, 28 Junie 2019, aangemeld is.

Die polisie is ontbied na ’n toneel in Nelson Mandelarylaan, naby die brug wat na Klerksdorp lei, waar die liggaam van die 24-jarige Julian Richard met ’n steekwond aan die linkerkant van sy nek gevind is. Hy is op die toneel dood verklaar deur Nood- en Mediese Reddingsdienste (EMRS).

Daar word beweer dat Richard en ’n vriend ’n nabygeleë klub besoek het en buite gestaan het toe onbekende verdagtes hulle genader het. Die vriend is glo van ’n selfoon beroof. Toe Julian probeer ingryp, is hy met ’n mes gesteek.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte, Adjudant-offisier Lungile Plaaitjie van die Potchefstroomde speurdiens te kontak by  082 779 7200, of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Crime Stop by 08600 10111. Anonieme leidrade kan ook deur die MySAPS-toep vanaf jou slimfoon gedeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button