Local newsNews
Uie waar jy kyk toe vrag verloor
Verkeer vloei tans normaal met alle opruimingswerk op die toneel wat afgehandel is.
Verkeersbeamptes het vanoggend gehelp om verkeer te reguleer op die R59 by die ingang na Sasolburg nadat ‘n vragmotor van ‘n vervoermaatskappy Donderdagaand net voor middernag sy vrag verloor het.

Die vragmotor was onderweg met n vrag uie toe die vrag geskuif het.




Daar is reeds Donderdagaand met die opruimingswerk begin en is die laaste opruiming teen 13:00 vanmiddag gedoen. Verkeer vloei normaal.

Niemand is in die voorval beseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



