Local newsNews
Daar’s stukkie Pretoria-mooi langs die Potch-pad
Jakarandabome is sinoniem met Pretoria, maar hier in die Noordwes-provinsie groet die pers van Jakaranda jou onverwags langs die pad.

Pretoria is bekend vir sy jakarandas wat hul pers blomtapyt in Oktober uitrol op die sypaadjies en strate van dié stad. Maar wil jy glo – langs die Parys/Potchefstroom-pad sien jy overwags ook hier n jakaranda staan, getooi met sy pers kroon.

Die storie van Pretoria se jakarandas
Die eerste twee jakarandas in Pretoria is so lank terug as in die 1880s in Pretoria geplant en is die stad as Jakarandastad al deur vele in liedjies en gedigte besing.
Die eerste jakarandabome is oorspronklik uit Brasilië ingevoer. Later het ‘n pakkie saad per ongeluk tussen ‘n besending saad beland wat deur die staatskwekery in Groenkloof uit Australië, bestel is.
Teen 2 000 was daar ongeveer 70 000 jakarandabome in Pretoria.
Die naam Jakaranda beteken ‘fragrant’ in ‘n Suid-Amerikaanse dialek.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



