Local newsNews

Agt sterf binne dae op R59

Twee ongelukke op die R59 het die afgelope week in totaal die lewens van agt mense ge-eis

Agt mense het die afgelope week in afsonderlike ongelukke op die R59 gesterf.

Maandagmiddag is vier mense net na 16:00 dood in ‘n grusame botsing op die R59 by die Vaalpark-afrit. ‘n Noodhelikopter is na die toneel ontbied en is een pasiënt in ‘n kritieke toestand na ‘n Albertonse hospitaal vervoer. Nog twee pasiënte is per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer.

Daar was vier voertuie in die botsing betrokke. Opruimingswerk en ondersoeke op die toneel is eers teen 23:00 Maandagaand voltooi.

Saterdagoggend het vier mense in ‘n botsing op die R59 naby die Truck Stop gesterf. ‘n Motor en twee vragmotors was by die botsing betrokke. Volgens Sipho Towa, provinsiale voorsitter van die Road Incident Management System, was al vier oorledenes insittendes van die motor. Hulle was onderweg na ‘n begrafnis toe die ongeluk gebeur het. Die motor is met die impak van die botsing in twee geskeur.

Agt sterf o[ R59
Die motor waarin vier mense Saterdagoggend in ‘n botsing op die R59 gesterf het.
Verlede Donderdagmiddag is twee botsings weens digte rook van ‘n veldbrand op die N1 tussen Rooiwal en Heuningspruit gerapporteer. Beide die bakkie en motor wat in die trompop botsing betrokke was, het uitgebrand, en is drie pasiënte van die toneel vervoer. ‘n Tweede botsing in die digte rook het daarna gevolg tussen ‘n vragmotor en ‘n bakkie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button