Local newsNews

Deo Gloria sing by Molen Kórus Kamerkoorfees

Die uitsonderlike koorfees beloof koorsang van uitstaande gehalte.

Molen Kórus bied Saterdag 8 November weer ‘n aand van uitsonderlike koorklanke in Potchefstroom aan met kore uit Potchefstroom, Vredefort en Johannesburg wat deelneem aan die program.

Dit sluit die Laudum Dei Kamerkoor (Randburg), Deo Gloria-koor (Vredefort) en Molen Kórus (Potchefstroom) in.

Die program begin om 18:00 by die NG Kerk Potchefstroom-Noord. Kaartjies is beskikbaar by Quicket asook by die deure met kaartfasiliteite. Die koste is  R100 per kaartjie en R50 vir kinders 12 jaar en jonger.

Molen Kórus

Molen Kórus is in 2011 gestig onder die leiding van Loretté du Toit en Kobus Venter. Die naam van die koor is afgelei van die beroemde straat in die hartjie van Potchefstroom waar die koor weekliks oefen. Die koor bestaan hoofsaaklik uit nagraadse studente en lede van die gemeenskap rondom Potchefstroom, almal met ‘n liefde vir musiek en veral koormusiek.

Die koor streef na musikale uitnemendheid en lede word gekies om voortdurend ‘n hoë standaard van koorsang te behaal.

Molen Korus koor
Molen Kórus. Fotokrediet: Tian du Preez

Die koor tree op by baie koorfeeste/geleenthede, en was die wenner in die
kategorie Kamerkore sowel as algehele wenners van die ATKV – Internasionale Animato –
koorkompetisie in 2015.

Gedurende die Wêreldkoorspele in 2018 word die koor as wenner van drie kategorieë aangewys.

Oudisies

Oudisies om deel te wees van die koor vir 2026 word op 12 November gehou. Gaan besoek die koor se sosiale media bladsye vir meer inligting of kom gesels met met die koor na die naweek se konsert indien jy belangstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button