Local newsNews

Heilbron plaasaanval arrestasies wys op dringende behoefte aan samewerking tussen polisie en gemeenskappe

Pro-aktiewe stappe teen misdaad is nodig in die Vrystaat, het die DA in sy verklaring gesê.

Die DA sê hy verwelkom die samewerking tussen plaaslike boere, die SAPD en ander rolspelers wat gelei het tot die inhegtenisname van 13 mense oor die naweek, wat by ‘n plaasaanval in die Heilbron omgewing betrokke was.

Roy Jankielsohn, DA-segsman vir gemeenskapsveiligheid in die Vrystaatse Wetgewr, sê die voorkoming van misdaad en opsporing van misdadigers deur samewerking van plaaslike gemeenskappe en die SAPD is noodsaaklik in die oorlog teen misdaad.

Die voorval het 1 November plaasgevind waarin ‘n plaaswerker vermoor, sy vrou erg aangerand, en 22 skape gesteel is.

Die DA sê egter die party deel die kommer wat deur doktor Jane Buys, veiligheidsrisiko-onleder van Vrystaat Landbou, uitgespreek is oor die groot getalle aanvallers wat in die aanval en baie ander betrokke was. Daar is ook Lesotho-burgers in verband met die aanval in hegtenis geneem, wat die gereelde betrokkenheid van sommige van hierdie burgers en oorgrensmisdaad weereens beklemtoon.

Jankielsohn sê daar moet proaktief stappe  teen misdaad in die Vrystaat geneem word waarin alle rolspelers op ‘n geïntegreerde manier kan saamwerk. Die DA wil deur die private Vrystaatse Gemeenskaps-polisiëringswetontwerp, wat in die Vrystaatse Wetgewer  ter tafel gelê is, ‘n positiewe bydrae in die oorlog teen misdaad in die Vrystaat lewer, het Jankielsohn bygevoeg.

Die Wetsontwerp het die volgende doelwitte:

  •  Verbeterde en formele samewerking tussen die SAPD en die gemeenskap sal bewerkstellig.
  •  Die formele akkreditasie van gemeenskapsgroepe wat by misdaadvoorkoming betrokke is.
  •  Die instelling van ‘n geintegreerde inligtingstelsel deur die provinsie wat nie net van misdaadstatistieke afhanklik is nie.
  •  Verbeterde oorsig deur die provinsiale regering oor die SAPD.
  •  Die instelling van ‘n Vrystaatse ombudsperson wat swak dienslewering deur die SAPD in die Vrystaat kan ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button