Local newsNews

Katjie met windbuks geskiet

Die wet stipuleer dat geen vuurwapen, insluitend windbukse, in 'n beboude gebied afgevuur mag word nie.

Vir Marie van Eeden is haar ses maande oue katjie soos ‘n kind in die huis. Groot was die hartseer toe iemand verlede week die katjie met ‘n windbuks geskiet het.

Hoewel die katjie die skietwond oorleef het, bring die trauma van dié dag steeds trane in Marie se oë as sy vertel hoe sy die katjie in pyn met ‘n bloedstreep in die gang gekry het.

Kat met windbuks geskiet in woonbuurt.
Marie van Eeden met haar katjie Suzie.

Sy het Suzie veearts toe gevat wat bevestig het dat die katjie in die sy geskiet is. Marie het ook ‘n klag by die polisie gaan lê. Wetgewing verbied die afvuur van ‘n vuurwapen in beboude gebied soos in ‘n woonbuurt, en is dit ook teen die Dierebeskermingswet om na diere in ‘n woonbuurt te skiet. Dit sluit windbukse in.

Oortreders kan swaar gestraf word sou hul skuldig bevind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button