
“Jou mooi glimlag, kwinkslae en liefde vir tee en beskuit, gaan ons baie mis.
Jy is nou veilig by Jesus.
Jy is vir ewig in ons harte.”
So het die ouers en familie van PJ Coetzer gesê na sy skiellike dood gister (25 November), vermoedelik aan ‘n hartaanval.

PJ was die jongste van drie kinders van Johnny en Rucia Coetzer van Vredefort.
PJ het in Parys skoolgegaan en daarna sy skoolloopbaan aan Fakkel Skool voltooi. Hy was ten tyde van sy dood by Sunwa werksaam en sou op 22 Desember sy 21ste verjaardag gevier het.
Sy liefde vir visvang en die natuur het uitgestaan en sal hy met net die mooiste herinneringe onthou word.
Begrafnisreëlings sal bekendgemaak word sodra die nadoodse ondersoek afgehandel is.



