Local newsNews

Brug steeds gesluit, sluise bly oop

Mense is weer gewaarsku om uit die rivier te bly en weg van rivieroewers met verhoogde vloei van die Vaalrivier wat tans gesien word.

Status quo sal vandag by Vaaldam gehandhaaf word met tien sluishekke wat tans by die dam oop is.

Nog reën word vir die naweek voorspel.

Vaaldam

Vaaldam is nou 106,8% vol met invloei gemeet teen 1 327 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 1 359 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam 10 sluise oop
Tien sluishekke is tans oop by Vaaldam.

Bloemhofdam

Uitvloei by Bloemhofdam word egter om 10:00 verhoog na 1 200 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam staan nou op 97,7%.

Die Barrage het teen 07:00 vanoggend water uitgelaat teen 1 525 kubieke meter per sekonde met vyf sluise ten volle oop.

Schoemansdrift laagwaterbrug gesluit

Die watervlak by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel het vanoggend om 05:30 3,35m gemeet met watervloei teen 1 879 kubieke meter per sekonde. Die brug is steeds gesluit vir alle verkeer.

Die watervlak by die brug het gistermiddag toe dit gesluit is vir verkeer 3,37m gemeet.

Schoemansdrift-brug, Vredefort Koepel
Die foto’s is vanoggend by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel geneem deur Sue Janse van Rensburg
Vorige vloede:

Interessant genoeg was die Vaalrivier in vloed in 1976, 1983, 1996, 2011, 2023 en nou ‘n tweede keer in 2025.

Gholfeiland laagwaterbrug. Foto: Liezl Scheepers
Die foto van die laagwaterbrug na Gholfeiland is Donderdagmiddag geneem maar het die watervlak van die Vaalrivier sedertdien nog gestyg. Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button