Local newsNews

Soek-en-reddingspan se vaardighede in vloedwater opgeskerp

Die opleiding is gedoen deur Whitewater Training se Hugh du Preez wat een van die land se mees ervare en hoogs gekwalifiseerde riviergidse is.

Terwyl die verhoogde vloei van die Vaarivier die naweek talle besoekers na die Vrystaatse dorp, Parys, gelok het om na die waterskouspel te kom kyk, was dit ook gunstige omstandighede vir vloedwater opleiding vir ‘n soek-en-reddingspan van Mountain Club SA. Die span was in die dorp waar hulle Saterdag opleiding ontvang het aan die ervare instrukteurshand van Hugh du Preez van Whitewater Training.

Hugh is nie net ‘n Parysenaars nie, maar ook een van die land se mees ervare en hoogs gekwalifiseerde riviergidse, en witwater opleidingsinstrukteurs.

Sy jarelange ervaring in beide kajak en vlotvaat, asook kennis van riviere oor die wêreld, is al telkemale deur die polisie en nooddienste ingespan tydens reddingskasies en risiko bepaling.

Die span het by monde van Steven Tucker, een van die klub se tegniese komiteelede, egter ook die publiek gewaarsku dat mense beslis nie nou die krag van die water moet onderskat nie, en dat mense nou uit die water, en weg van rivieroewers moet bly.

Whitewater Training is in 1997 deur Hugh begin, en is hy ook een van die avontuurgidse wat jaarliks tydens die somer in die noordelike halfrond as avontuurgids in Heidel, Noorweë, werk, en betrokke is by die opleiding van avontuurgidse in verskeie dissiplines.

Hugh het vroeër Suid-Afrika by die Freestyle World Championships in Kanada en Spanje verteenwoordig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button