Local newsNews

So lyk November se reënval en situasie by Vaaldam nou

Teen vanmiddag sal net vier sluishekke oop wees by Vaaldam.

Vaaldam staan nou op 102,65% en sal nog twee sluishekke vanoggend toegemaak word om 10:00 en 12:00 onderskeidelik. Dit beteken dat daar dan nog vier sluishekke by Vaaldam oop sal wees.

Invloei by Vaaldam is vanoggend gemeet op 471,82 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 729,94 kubieke meter per sekonde.

Die laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys.
Die foto by die laagwaterbrug na Gholfeiland is gister geneem en kon reeds gesien word hoe die Vaalrivier se watervlak gedaal het sedert begin is om sluishekke by Vaaldam toe te maak. Die laagwaterbrug was toe reeds weer oop vir verkeer. 

Barrage

Die Barrage het vanoggend om 07:00 water uitgelaat teen 915 kubieke meter per sekonde met drie sluise oop.

Bloemhofdam

Bloemhofdam staan nou op 103% en sal vandag voortgegaan word om water teen 1 400 kubieke meter per sekonde te laat uitvloei.

Reënval

Parys het vir November in totaal 301mm reën gemeet en is die eerste 5mm reën ook reeds vir Desember in die dorp gemeet.

In die Vredefort-distrik is vir November ‘n totaal van 161 mm reën gemeet.

Die foto is vroeër in Parys geneem. Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button