Local newsNews

Kunstenaars leer aan die hand van ‘n meester

Die werkswinkel het nie net vir kunstenaars geleentheid gegee om aan die meestershand van prof. Elfriede Dreyer te kon leer nie, maar ook om bymekaar te kon leer.

Die Parys Kunsvereniging en SANAVA (sambreelorganisasie vir formeel geregistreerde kunsverenigings), het die afgelope naweek ‘n unieke geleentheid aan plaaslike kunstenaars gebied met ‘n werkswinkel gelei deur die bekende konseptuele kunstenaar, professor Elfriede Dreyer. Dreyer is deeltyds aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verbonde, en het as meester in haar vakgebied, waardevolle raad en wenke met kunstenaars kom deel.

Omdat die werkwinkel ‘n eerste vir die Parys Kunsvereniging was, is dit as ope geleentheid aangebied.

Die werkswinkel is al ope geleentheid aangebied deur die Parys Kunsvereniging in samewerking met SANAVA
Die werkswinkel is al ope geleentheid aangebied deur die Parys Kunsvereniging in samewerking met SANAVA. Foto: Liezl Scheepers

Dreyer het met haar aanbieding gesels oor wat dit verg vir kunstenaars om hul werk na ‘n professionele vlak te neem. Sy het raad gegee oor hoe kunstenaars hulself kan bemark, hoe om jou werk te dokumenteer, en die belangrikheid daarvan.

Daar was praktiese wenke vir die benadering van nuwe werkstukke, en hoe om kontak te maak met gallerye, en die saamstel van ‘n voorlegging vir ‘n solo-uitstalling.

Dreyer het ook spesifiek gefokus op kunselemente soos diepte van veld, en die belangrikheid uitgelig van die voortbestaan van kuns, die impak daarvan op gemeenskappe, en om as kunstenaar jou eie waarde te erken.

Spesifieke vrae van kunstenaars is beantwoord, en het sy na die werke van elke kunstenaar met die oog van ‘n kenner gekyk. Daarna is in groepsverband die sterk punte, maar ook aspekte waarop verbeter kan word, by elke werk bespreek.

Dit was ‘n geleentheid vir kuntenaars om nie net te kon leer uit haar ervaring nie, maar ook om by mekaar te leer, vrae te vra, en eerlike, professionele terugvoer oor hul werk te kry van iemand wat ‘n meester in die bedryf is.

Die terugvoer wat die kunsvereniging van lede na afloop van die werkswinkel ontvang het, was oorweldigend positief, en ‘n voorsmakie van die voordele wat ‘n eie kunsvereniging aan die groot aantal kunstenaars van die dorp, maar ook omliggende dorpe bied deur lidmaatskap.

Ané du Plessis van SANAVA saam met Elzaan van Wyk, voorsitter van die Parys Kunsvereniging.
Ané du Plessis van SANAVA saam met Elzaan van Wyk, voorsitter van die Parys Kunsvereniging. Foto: Liezl Scheepers

Kunstenaars en mense met ‘n passie vir die kunste kan die kunsvereniging by 064 308 4764 kontak vir meer inligting oor lidmaatskap, en aktiwiteite wat vir 2026 beplan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button