Geloftefeesdienste in jou omgewing
Verskeie Geloftefeesdienste word weer vanjaar in en om Parys gehou op 16 Desember.

Dewetsdrift Geloftefees
Die Dewetsdrift Geloftefeesterrein is op die walle van die Vaalrivier tussen Vredefort, Potchefstroom en Viljoenskroon, 7km vanaf Skandinawiëdriftbrug rivir-op aan dei Vrystaat-katn.
Samesang begin om 08:45. Dr. Isak Burger lei die erediens, gevolg deur vlaghysing, kranslegging en die feesrede deur prof. Andries Raath. Daar is ook ‘n gratis ete en saamkuier.

FAK Udolpho Rivierplaas
Kom herdenk die Gelofte by die Kultuurstoor om 09:30. Bring ‘n piekniekmandjie en stoele saam. Na afloop van die diens kan almal saamkuier. Braaivleisvure word voorsien.

Greenlands Geloftefees
15 Desember vanaf 17:00 – Mini-basaar, voorlaaier en kleiduifskiet, kindervermaak en ‘n waterwurm. Om 19:00 sal daar konsert gehou word.
16 Desember – Die Gelofte kranslegging vind plaas om 09:30 waarna ds. Hennie Hatting om 10:00 die erediens sal lei. Na die feesrede om 11:00 deur Gideon Raath sal daar gesellig saamgekuier word. Bring jou eie eetgerei. Donasies sal waardeer word.
Vir navrae skakel Gert Loggenberg by 072 020 9568, of Charlotte Smalberger by 082 379 4457.

Koedoesfontein Geloftefees
09:30 vir 10:00 – Diens deur past. Monré de Beer. Vir navrae skakel Willie Olivier by 073 563 8017.

Geloftedag Hoogkraal
08:00 – Opening met skriflesing en gebed
08::15 – Fliek – Slag van Bloedrivier
09:15 – Aankoms van die Perde Kommando
Fakkel seremonie
Perdekommando oorhandig groete boodskappe
Kinders oorhandig vlae
Vlaghysing en sing van die vlaglied
Kranslegging
Herbevestiging van die Gelofte
Sing van Volksliedere
Feesdiens gelei deur ds. Johan Gericke
Na die diens is daar middagete en samesyn. Donasies is welkom.

Vegkop Geloftefees
Die Vegkop Geloftefees word op die Vegkop Slagveldterrein gehou op 16 Desember vanaf 08:45. Die feesdiens word gelei deur Dr Victor d’Assonville.
Fees-etes is beskikbaar teen R60 per ete en moet vooraf gereël en betaal word. Skakel Lizelle de Lange vir ete-besprekings by 082 928 0958, of vir feesnavrae Hennie Naudé by 083 269 9293.
Geloftefeesdiens NG Moedergemeente Parys
09:15 – Vlagseremonie en kranslegging deur die Voortrekkers, Parys
09;30 – Erediens en Feesrede, ds. G. Oehley.



