Local newsNews
So lyk die plan vir Vaaldam vandag
Nog sluishekke sal vanoggend by Vaaldam toegemaak word.
Daar sal vanoggend nog twee sluishekke om 10:00 en 12:00 onderskeidelik by Vaaldam toegemaak word.
Dit sal dan beteken dat daar nog twee sluishekke teen vanmiddag by Vaaldam oop sal wees. Die dam is nou 100,74% vol.
By Bloemhofdam word uitvloei vanoggend om 10:00 nog verder verminder na 600 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam is nou 99,25% vol.
By die Barrage is water om 07:00 vanoggend uitgelaat teen 526,7 kubieke meter per sekonde.
Minder reën is vir die week voorspel met hoofsaaklik reën wat na die naweek toe verwag kan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



