News

Daar’s nog kans om die liggietuin te sien

Met die groot getal besoekers wat die naweek gesien is, is besluit om die Engo Najaarsrus Liggiefees te verleng en sal daar ook 'n spesiale Carols by Candlelight gehou word.

Op 21 Desember sal daar ook ‘n spesiale Carols by Candlelight in die Najaarus-tuin wees wat jy nie moet misloop nie.

Die liggiefees is werklik iets besonders en kan op die genoemde datums saans tussen 18:00 en 22:00 besoek word.

Benewens die liggieskouspel het die bejaardes die interaksie met besoekers baie geniet en het hierdie inisiatief groot vreugde in baie harte gebring.

Toegang

Toegang kos R10 per volwassene en R5 per kind – baie goedkoper as ‘n fliekkaartjie en ‘n wonderlike geleentheid om saam as gesin onder die sterrelig te wees.

Die fondse wat ingesamel word gaan uitsluitlik vir behoeftige bejaardes wat finansieël deur Najaarsrus gedra word.

Onthou ook ‘n geldjie vir pannekoek, boereworsrolle, corn dogs, slap tjips en koeldrank wat te koop sal wees.

Besonderse kersboom

Die liggiefees is moontlik gemaak danksy die oop hand van borge, maar sal jy ook bejaardes se eie handewerk sien met ‘n besonderse Kersboom.

Najaarsrus-tuin

Die pragtige Najaarsrus-tuin is die trotse werk van die 90-jarige Alet Fourie. In die tuin is ook draad-kunswerk wat deur van die bejaardes self gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button