Local newsNews

‘n Tassie vol hoop vir graad 1 leerders

Die Solidariteit Helpende Hand Skooltassieprojek help jaarlikse duisende graad een leerders in nood met 'n skooltassie met skryfbehoeftes vir die nuwe skooljaar.

Solidariteit Helpende Hand kon weer vanjaar uitreik na twee plaaslike skole waar skooltassies as deel van die organisasies se Skooltassieprojek oorhandig is.

Vir die 2026-skooljaar is tien skooltassies by Parys Christelike Skool oorhandig, en agt  by Primêre Skool Parys om graad 1-leerders op die eerste dag van die nuwe skooljaar te kan verwelkom. In elke tassie is ook skryfbehoeftes wat die leerders sal benodig.

Solidariteit Helpende Hand verteenwoordigers met van die skooltassies wat by Parys Christelike Skool (PCS) oorhandig is. Foto: Verskaf
Solidariteit Helpende Hand verteenwoordigers met van die skooltassies wat by Parys Christelike Skool (PCS) oorhandig is. Foto: Verskaf

Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige graad 1 leerders se hande om hierdie leerders in staat te stel om hul akademiese reis op gelyke voet met hul skoolmaats te kan begin.

Skooltassies vir graad 1-leerders wat deur Solidariteit Helpende Hand by Primêre Skool Parys oorhandig is. Foto: Verskaf
Skooltassies vir graad 1-leerders wat deur Solidariteit Helpende Hand by Primêre Skool Parys oorhandig is. Foto: Verskaf

Individue en besighede wat by die Skooltassie-projek betrokke wil raak, kan die webwerf www.tassie.co.za besoek vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button