Local newsNews

Geliefde pastoorspaar en seun sterf

Ons opregte medelye aan Milene, Martin se gesin, die families, vriende en geliefdes in hierdie hartseer tyd.

Boodskappe van medelye het sedert Maandag ingestroom na die skiellike dood van die geliefde pastoorspaar, Michiel en Betsie Erasmus, en hul seun, Martin, wat Maandagmiddag op die N12 tussen Fochville en Westonaria in ‘n botsing gesterf het. Die Erasmus-egpaar en Martin, was die ouers en broer van Milene du Preez, eggenote van past Jaun du Preez, van die Lede in Christus Kerk in Parys.

Die tragiese botsing waarin die drie gesinslede gesterf het, het naby die Kloof-myn gebeur.
Beide die Erasmus-egpaar en Martin was van Stilfontein waar Martin as rekenmeester gepraktiseer het. Hy was ook besonder musikaal en het sy gawe vir musiek ook in die bediening van die Woord uitgeleef.

Pastoor Michiel en Betsie Erasmus
Pastoor Michiel en Betsie Erasmus.
Martin Erasmus
Martin Erasmus

Die Erasmus-egpaar was vroeër leraarspaar by die Lede in Christus Kerk Stilfontein Herberg-gemeente, en het nog gereeld as besoekende leraarspaar die Woord bedien. Ook by die Lede in Christus Kerk in Parys waar hulle besonder geliefd was, en in Julie vanjaar besoek gebring het.

Huldeblyke vir die Erasmus-egpaar en Martin getuig van die opregte hartsmense wat hulle was wat diep spore in baie harte laat.

In een van die huldeblyke skryf George Fourie: “Dit wat past Michael en tannie Bets ons geleer het, kan niemand van ons wegvat nie. Martin, jou mooi sprankel geaardheid, jou talente is nou al wat ons oor het op video’s. Jou voorbeeld sal altyd ‘n aansporing wees is ons lewe.”

“Mag Jesus saam met die kinders en familie hierdie lang pad van vertroosting stap.”

Martin was getroud met Eunice en het twee seuns, Eumar (23) en Andreu (19).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button