Local newsNews
Feathers gesels in die nuwe jaar oor voëlmigrasie
Die klub se eerste byeenkoms vir 2026 is op 22 Januarie.
Feathers Voëlklublede van Parys het Saterdag aan hul laaste klubaktiwiteit vir die jaar deelgeneem met hul inskrywing vir die 50km vir Birding Big Day (BBD).
Daar is Saterdagoggend eers by Kopjeskraal, en die middag by die Afridome Skougronde se vleiland voëls gekyk. ‘n Totaal van 79 voëlspesies is aangeteken in die 50km radius.
Birding Big Day moedig mense reg oor Suid-Afrika aan om uit te kom en voëls te gaan kyk.
Klublede kom weer op 22 Januarie by Sally Martin Park bymekaar waar voëlmigrasie (die tipes migrasie en hoekom dit gebeur) bespreek sal word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



