Local newsNews

Plofstof in motor by padblokkade gekry

Die drie mans wat gearresteer is het reeds voor die Stilfonteinse landdroshof verskyn.

‘n Plofstofdeskundige moes Vrydag 12 Desember na ‘n roetine-padblokkade op die N12 tussen Stilfontein en Klerksdorp ontbied word, nadat plofstof versteek in ‘n motor gekry is wat tydens die padblokkade deur polisiebeamptes deursoek is.

Die plofstof  wat 150 skokbuis-ontstekersamestellings, nagenoeg 40 elektriese skokbuis-inisieerders en vyf blaaspatrone ingesluit het, is deur die plofstofdeskundige veilig verpak en verseël.

Die padblokkade was deel van die polisie se Operasie Shanela 2.

Drie mans tussen die ouderdomme van 41 en 48 jaar, is by die padblokkade in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van plofstof en het Maandag hul eerste hofverskyning voor die Stilfonteinse landdroshof gehad.

Van die plofstof wat deur die polisie gekonfiseer is. Foto: Verskaf
Van die plofstof wat deur die polisie gekonfiseer is. Foto: Verskaf

Die waarnemende provinsiale kommissaris, majoor-generaal (dr.) Ryno Naidoo, het die span se waaksaamheid geloof en gesê dat die polisie sal voortgaan om alles in hul vermoë te doen om ’n veiliger feesseisoen te verseker.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button