Local newsNews
17-Jarige meisie gearresteer ná kêrel se dood
Die verdagte sal op klagte van moord voor die Heilbronse landdroshof verskyn.

‘n 17-Jarige meisie van Phiritona, Heilbron, is deur die polisie gearresteer in verband met die die moord op haar 29-jarige kêrel.
Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê die polisie is op 15 Desember om 04:20 in kennis gestel dat ‘n man met ‘n mes doodgesteek is in die Phiritona-woonbuurt. Met hul aankoms op die toneel is die oorledene langs die hek van die gekry met ‘n messteekwond in sy bolyf. Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar.
Rani sê daar word beweer dat die paartjie rusie gehad het wat na bewering gelei het tot die noodlottige voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



