Local newsNews
Man beseer in ongeluk op Potch/Viljoenskroon-pad
Die man is per ambulans van die toneel vervoer.
‘n Man is vanoggend net voor 01:00 in ‘n botsing op die R501 (Potchefstroom/Viljoenskroon)-pad beseer
Die man is per ambulans na Potchefstroom Medi Clinic vervoer.
Net een voertuig was in die botsing betrokke nadat die motorbestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.
- Een persoon is ook vanoggend net voor 06:00 ernstig beseer in ‘n botsing op die N1 sowat 20km vanaf Kroonstad in die rigting van Ventersburg. Die pasiënt is per ambulans na die Netcare Kroon-hospitaal vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


