Local newsNews

Lourens kon met enigeen gesels asof hul jare lank vriende was

Die lofdiens vir Lourens word Saterdag gehou.

Een van Parys se jarelange inwoners, Lourens Koekemoer, is Maandag na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was 77 jaar.

Sy lewe

Lourens is gebore  in Kimberley as een van tien kinders. Na skool begin hy werk by die silo’s in Koppies.

Sy vrou, Santa, het hy in Wesselsbron as jong meisie ontmoet, en trou die twee in 1973.

In 1982 word Parys hul tuiste waar hy as fabrieksbestuurder by Silhouette (later Anatomic) gewerk het.

“Vir ‘n beter man, pa en oupa sou ons nooit kon vra nie.”

Lourens was ‘n meelewende man wat met enigiemand kon gesels asof hul jarelange vriende was.

Hy’t ‘n groot liefde gehad vir ou Afrikaanse films, musiek en enige speletjie. Hoewel hy van kamp en visvang gehou het, was hy ook huisvas en altyd besig met iets skeppends in die tuin en om die huis.

Lourens Koekemoer

Kosmaak en om ander te bedien was vir hom ‘n groot plesier, en het hy die vrouens in sy lewe op sy hande gedra.

Om sy geliefdes te bederf was vir hom die hoogtepunt van enige dag.  So ook die samesyn met sy gesin en familie wat vir hom baie kosbaar was.

Lourens word oorleef deur Santa en sy drie dogters, Jani, Wilna en Thea, sy skoonseuns Niekie en Shane, en vyf kleinkinders.

Lofdiens

‘n Lofdiens vir Lourens word môre (Saterdag 17 Januarie) om 15:00 vanuit die NG Wes-gemeente in Grensstraat, Parys, gehou.

Dankie

Die gesin wil graag elkeen bedank wat hulle bygestaan het in hierdie tyd. Elke boodskap, oproep, drukkie, gebed en gedagte aan ons word opreg waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button