Local newsNews
Eerste kragmeting wag op rugbyklub
Spelers wat by die klub wil aansluit kan Willie skakel by 072 551 4527. Volg ook Parys Rugby op Facebook en Instagram.
Parys-rugbyklub speel sy eerste vriendskaplike wedstryd teen Sasolburg op 29 Januarie om 19:30 in Sasolburg. Spelers is reeds hard aan die oefen met die oog op hierdie kragmeting en die seisoen wat voorlê.
Oefening is om 18:30 op Hoërskool Parys se rugbyveld.
Daar word weer vanaand, (Donderdag 22 Januarie) asook Maandag (26 Januarie) en Dinsdag (27 Januarie) geoefen voor die 29ste se wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



