Local newsNews

Jong hengelaar katrol wenplek in by SA-hengelkampioenskap

Hay-din Oelofse het ook die grootste karp by die kompetisie gevang.

Hay-din Oelofse van Primêre skool Parys het tydens die Desember-vakansie die Vrystaat o13A-span by die Nasionale Oewerhengel-kampioenskappe verteenwoordig, waar hy nie net eerste uit 61 hengelaars op die finale ranglys eindig nie, maar ook die toekenning as Victor Ludorum ontvang het. Hy het ook die grootste karp by die kampioenskap gevang.  

Daarbenewens het sy span self uitgestaan as kampioene van die SA-kampioenskap met ‘n goue medalje wat hulle as wenners van die A-afdeling  verower het.

'n Trotse Hay-din Oelofse met die medaljes, toekenning en skild wat hy ontvang het.
‘n Trotse Hay-din Oelofse met die medaljes, toekenning en skild wat hy ontvang het.

Hay-din het na afloop van die kampioenskap sy SAVOF-kleure ontvang, en is ingesluit in die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF) o13A-span wat in September vanjaar gaan toer.

Hay-din met die grootste karp wat by die kampioenskap gevang is.
Hay-din met die grootste karp wat by die kampioenskap gevang is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button