Local newsNews
Polisie vra hulp om Harrismith-vrou te vind
Enigiemand met inligting het oor haar moontlike verblyfplek word versoek om die Harrismith-speurders, kaptein Vusimusi Zwane, by 060 976 4290 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Die polisie in Harrismith het die gemeenskap se hulp gevra in die soektog na ‘n jong ma, Ane Pienaar (36), wat sedert Vrydag 13 Februarie vermis is.
Pienaar se lewensmaat het haar die laaste keer gesien toe hy die oggend werk toe vertrek het. Sy was op daardie stadium by die huis saam met hul 11 maande oue babadogtertjie, het adjudant-offisier Mmako Mophiring gesê.

Met sy terugkeer van die werk het hy ontdek dat Pienaar se klere, sowel as dié van die baba, nie meer in die kas was nie. Die huissleutel is op die venster agtergelaat. Die saak is op Sondag by die Harrismith-polisie aangemeld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



