Advertorial

‘n Splinternuwe Spur-belewenis

Maak seker jy maak 'n draai by die Spur sommer dié naweek vir die Bokke-kragmeting, en kom kyk hoe spoggerig lyk dié Spur nou!

Spur-kliënte is vandeesweek aangenaam verras met die splinternuwe voorkoms van Oak Creek Spur waarmee dié gewilde familie-restaurant in Parys spog na hul ‘front house revamp’. ‘n Spoggerige eindresultaat van maande se beplanning wat in Februarie vanjaar begin het. 3 September om 17:00 die middag het die sewe kontrakteurspanne ingestap.

Vir 15 dae is 24 uur aaneen gewerk in skofte, en wat jy nou sien, is ‘n splinternuwe restaurantvoorkoms wat ‘n ligter en ruim indruk skep waar styl en gemak met groot sukes gekombineer is. Aandag is aan die totale binnenshuise dekor gegee, en het nie net die tafels en banke ‘n nuwe voorkoms nie, maar is ook die ligte, plafonne en vloerteëls vervang.

Daar is nuwe dekor teen die mure, en die hele kinderspeelarea wat ook nou voorsiening maak vir kleuters, spog met ‘n kleurvolle en ander voorkoms as vantevore. Die klimrame is oorgedoen, en daar is nuwe en meer tafels in die speelarea om vir gesinne ‘n aangename restaurant-ervaring te bied. Boonop kan jy steeds dieselfde spyskaart-gunstelinge verwag met net die beste diens gewaarborg.

Oak Creek Spur is in Oktober vanjaar 27 jaar oud. Dalk onthou jy nog die dae toe Parys se Spur in die onderste vlak van die Palm Court Hotel in Philipstraat was. Toe was daar 100 sitplekke binne die restaurant en enkele buite-tafels. Vandag kan die restaurant in die Palm Gate-sentrum 320 mense akkommodeer, en kan jy op verskeie TV-skerms jou gunsteling sportwedstryde kyk saam met vriende en familie, met genoeg om die kinders besig te hou.

Oak Creek Spur se venote, Tony Jardim, Luiz Fernandes en Paul de Gouveia, is al drie jarelange Parysenaars wat die gemeenskap ken en seker maak dat jy by dié restaurant net die beste sal kry. Maak seker jy maak ‘n draai by die Spur sommer dié naweek vir die Bokke-kragmeting, en kom kyk hoe spoggerig lyk dié Spur nou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button