AfriForum plaas Ngwathe op terme
AfriForum sê hy sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat Parys se inwoners skoon drinkwater het.
AfriForum het vandag, Woensdag 7 September, die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor die ”haglike toestand” van die drinkwater in Parys.
AfriForum het die Ngwathe-munisipaliteit 24 uur gegee om drasties by die toestand van die drinkwater in te gryp. Indien daar binne 24 uur nie ’n daadwerklike verandering is nie, sê die burgerregte organisasie sal hy alles moontlik doen om toe te sien dat Parys se inwoners skoon drinkwater het.
“Hierdie haglike omstandighede in Parys dui op die munisipaliteit se onbevoegdheid. Alhoewel hulle ’n ooreenkoms van samewerking met AfriForum onderteken het, het hulle tot op hede nog niks van hulle verpligtinge in die ooreenkoms nagekom nie. AfriForum het hulle van beloofde verslae oor die water- en die rioolwerke voorsien asook ’n raamwerk waarvolgens hulle te werk moes gaan om die toestand van beide werke te verbeter. Niks is egter gedoen nie,” sê AfirForum in sy verklaring.