
Modelle van AnaQun Parys Modelling and Pageant Academy, het aan die Miss Bundu 2022-kroning in Carletonville deelgeneem waar hulle behoorlik die koppe laat draai het.
Zia Muller is as Mej. Persoonlikheid gekroon en is die Mej. Bundu wenner in die kategorie 6-8 jaar.
Lané Bouwer is op haar beurt as 2de prinses Mej. Bundu en as Mej. Bundu Persoonlikheid gekroon.
Deoné Nel stap weg as eerste prinses vir Mej. Bundu in die 13-15 jaar kategorie, en Chamoté Jansen van Rensburg is as Mej. Bundu Beauty, Mej. Bundu Persoonlikheid en Mej. Bundu gekroon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.