Gelekte vraestel gaan herskryf word
Studente wat vir die module ingeskryf het, sal die vraestel op 19 Julie op al drie die NWU kampusse skryf.

Die ondersoek duur voort rakende eerstejaarstudente van die Noordwes-Universiteit wat vanjaar ‘n gelekte wiskundevraestel gedeel het wat op DInsdag, 13 Junie geskryf moes word.
Daar is intussen beslis dat die vraestel herskryf sal word op al drie NWU kampusse. Studente wat vir die module ingeskryf het sal op Woensdag, 19 Julie in die tweede semester skryf,” het NWU woordvoerder, Louis Jacobs, bevestig.
Daar was groot ongelukkigheid onder studente en ouers toe dit aan die lig gekom het dat daar op Vrydag 9 Junie die betrokke wiskundevraestel verkeerdelik by twee van die vyf lokale op die Potchefstroomkampus versprei is. Dié vraestel was die eksamenvraestel wat die studente op Dinsdag, 13 Junie sou skryf.
Lees die volledige berig hier:



