
Die gemeenskap van Vredefort het vroeër vanmiddag, Dinsdag 12 September, eenvoudig saamgestaan om tesame met die Vredefort Buurtwag en SAPD, die dorp se hoofstraat vinnig skoon te kry nadat protesoptrede oor munispale dienslewering sedert vroeg vanoggend weer in die dorp begin het.
Die R59 wat deur die dorp loop sowel as die R721 was vir ‘n tyd lank vanoggend gesluit weens die protesoptrede, maar is intussen weer oopgestel vir verkeer. Die polisie hou steeds ‘n wakende oog.
Wat egter uitgestaan het was hoe mense vanuit die hele gemeenskap nadat die situasie kalmer was, spontaan begin skoonmaak het om klippe en ander versperrings uit die pad te kry sodat dit weer toeganklik kan wees vir verkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.