News

Hangbrug: Vandale weer terug om hul merk te maak

Kan jy dit glo!

Terwyl daar vandag begin is met herstelwerk van die draad weerskante van die loopvlak by Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier, het vandale sowaar weer hul merk die afgelope paar dae by die brug gelaat. Dit nadat daar al die afgelope weke hard gewerk is om die brug heeltemal te verf, skoon te maak, padmerke en straatname te verf en vloedskade te herstel. Alles uit eie sak danksy ‘n inisiatief van ‘n inwoner van Parys, Stephanie Fourie, en ‘n handjievol vrywilligers en sakelui wat haar inisiatief ondersteun en help om hierdie groot taak gedoen te kry.

Stephanie se idee om die hangbrug weer netjies te kry is juis geïnspireer deur die feit dat dit een van die dorp se groot toerisme trekpleisters is, maar oor jare wil vandale maar net nie die brug uitlos nie.

So het dit gelyk voordat Stephanie en haar span die brug geverf het. 

So hr

Kyk hoe spoggerig lyk dit noudat die brug weer netjies geverf is.

Maar hoe sê die spreekwoord – Net gekke en dwase skryf op mure en glase.

Die afgelope week het vandale op die geverfde brug weer hul merk kom maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button