News

Pitbull-aanval: Hof sit weer in November

Kokolosi moes ‘n lang tyd in die hospitaal deurbring en het al verskeie rekonstruktiewe operasies ondergaan.

Chandré van der Linde en haar lewensmaat, Marno Mostert, wat beide aangekla word ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede, sal vanaf 6-7 November 2023 weer in Potchefstroom voor die hof verskyn.

Getuies sal dan deur die staat geroep word.

Die saak spruit uit ‘n voorval toe die 48-jarige Dipuo Kokolosi se gesig deur Pitbull-honde op 25 Januarie 2022, verskeur is. Kokolosi het ten tyde van die voorval as huishulp vir Van der Linde gewerk.

Die honde het Kokolosi se neus, lip, en oorskulpe afgeruk en ook ander dele van haar liggaam gebyt. Ziggy Abdullah, ‘n buurman van Van der Linde, het op daardie dag tot Kokolosi se redding gekom en uit selfverdediging die honde doodgeskiet nadat hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur het.

Kokolosi moes ‘n lang tyd in die hospitaal deurbring en het al verskeie rekonstruktiewe operasies ondergaan.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button