Local newsNews

Liggaam in Vaalrivier gekry

Mense wat 'n familielid vermis, of  inligting het oor 'n vermiste persoon wat aan die beskrywing voldoen, is gevra om lt. kol Jacob Dichechane te skakel by 079 499 6165. 

Die polisie het ‘n ernstige beroep op die publiek gedoen om te help soek na die familie van ‘n onbekende man wie se liggaam n die Vaalrivier op ‘n plot by Wonderfontein, Sasolburg, gekry is.

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê ‘n verbyganger het die liggaam van die man in die rivier opgemerk op Donderdag 16 November, en die polisie in kennis gestel.

Die ouderdom van die man word tussen 70 en 75 jaar geskat. Hy het ‘n blou oorpak baadjie, swart broek, rooi T-hemp en ‘n bruin moulose trui gedra. Een van die man se pinkies is geamputeer. Hy het ‘n korterrige baard en het twee silwer oorringe gedra.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button