Local newsNews

G’n fietse, motorfietse – nou’s dit pos per voet

Die Welkom hoof poskantoor dien as sentrale verspreidingspunt vir alle poskantore in omliggende dorpe.

Welkom – Posaflewering in Welkom word nou in ‘n 10km radius van die poskantoor te voet gedoen met gebiede verder as 10km wat nie gediens word nie, weens ‘n gebrek aan voertuie, fietse en motorfietse. So het die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele, gesê op vrae van die DA in die parlement.

Die Welkom hoof poskantoor dien as sentrale verspreidingspunt vir alle poskantore in omliggende dorpe.

Die tekortkoming maak dat al minder mense op betroubare posaflewering kan staatmaak, sê die DA, en sê dat voortdurende tegniese probleme by die Welkom poskantoor die situasie vererger. Selfs die masjien wat motorlisensie hernuwings moet druk, was vir die soveelste keer buite werking na vroeëre probleme met papier en ink wat nie deur die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer voorsien is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button