Vrywilligers van WeCare het vandag twee slange in en om Parys gevang.
By Sally Martin Park is ‘n rinkhals gevang en ‘n pofadder op ‘n plaas in die Kopjeskraal-omgewing.
Vroeg in November is ‘n boomslang (foto hieronder) ook in Breëstraat in ‘n boom in die sentrale besigheidsarea van Parys deur vrywilligers van WeCare gevang.
WeCare se Wynand Nel waarsku mense om baie versigtig te wees, en onder geen omstandighede moet probeer om sou jy ‘n slang in jou huis of erf teëkom, dit met die hand te probeer hanteer nie.
Goeie raad is om ‘n duidelike foto te neem sodat die slang maklik geïndifiseer kan word, en mense wat jou sou kom help sal weet wat nodig sal wees om die slang te vang.
Hou die slang onder oë terwyl jy wag vir hulp, anders kan dit ‘n soektog afgee en loop jy die risiko dat hy dalk weg is voordat hulp opdaag.
As dit veilig is kan jy probeer om ‘n emmer oor die slang te sit met ‘n baksteen op totdat hulp opdaag, maar moet geen kanse waag nie. Jy kan dit slegs doen as dit veilig sou wees.
Sou jy ‘n slang in jou huis of erf kry kan jy Wynand skakel by 082 629 1553., of Dorette by 071 554 7966