Local newsNews

Misdadigers hard besig met hul ‘kerskopies’: Die polisie het nou jou oë en ore nodig

Gesamentlike patrollies vir dié datums beplan en jou deelname sal 'n verskil maak

Misdaad raak nie net jou buurman, of die besigheid of woning wat deurloop met diefstal of inbrake nie. Dit raak ‘n gemeenskap, en daarom ook elke inwoner. Jy kan maar weet – kom  Desember dan styg misdaad.

In Parys is dit veral huisbrake en diefstal wat steeds ‘n groot kopseer is vir die polisie. Daarom is elke Parysenaar se hulp nodig om die polisie se oë en ore te wees – veral nou.

Een van die mees effektiewe maniere hoe ‘n gemeenskap die polisie se hand kan sterk is met buurtwagpatrollies. In Parys is groot sukses met buurtwagpatrollies in die verlede behaal, en ook weer in November toe gesamentlike patrollie gehou is.

Daarom doen die polisie weer ‘n beroep op die gemeenskap om deel te neem aan die gesamentlike patrollies op:

24 Desember 21:00-01:00

30 Desember 21:00-01:00

31 Desember 21:00-01:00

Net vier ure van jou tyd om werklik ‘n verskil te maak, en te sien wat buurtwagpatrollies behels. Terselfdertyd dra dit by tot groter sigbaarheid wat misdadigers hinder in hul bedrywighede.

Al het jy nog nooit vantevore buurtwagpatrollie gery nie, enigeen is welkom.

Daar sal om 21:00 op die genoemde datums by die parkeerterrein voor Mr Price bymekaar gekom word, waar verduidelik sal word presies wat van jou verwag word.

Hetsy jy reeds deel is van ‘n bestaande organisasie of buurtwagpatrollie – kom neem deel. Jou hulp kan ‘n verskil maak – selfs al kan jy net ‘n uur of twee help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button