Local newsNews

‘Bouers van hoop’ op Maatskaplikewerkersdag vereer

Volgens Potgieter moet elke toegewyde maatskaplike werker op Internasionale Maatskaplikewerkersdag raakgesien word as ware bouer van hoop in die samelewing. Hulle verdien nie net erkenning op hierdie spesiale dag nie maar ook 'n  blywende erfenis van waardering vir die uitsonderlike bydraes wat hulle elke dag maak," sê sy.

Twaalf maatskaplike werkers van reg oor die land is pas ter viering van Maatskaplikewerkersdag as Hoopdraers van hul gemeenskappe bekroon.

“Internasionale Maatskaplikewerkersdag, wat vanjaar op 19 Maart gevier word, is nie net ‘n datum op die kalender nie. Dit is ‘n dag van eerbetoon, ‘n dag waarop ons die onbaatsugtige werk van maatskaplike werkers vier wat die stille bouers van hoop in ons samelewing is”, sê Christia Potgieter, hoof van die Solidariteit Helpende Hand se Maatskaplikewerkdienste-afdeling.

“Vir maatskaplike werkers is hul beroep nie net ‘n werk nie; dit is  ‘n roeping. Om hierdie toewyding te erken, vat Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit se Beroepsnetwerke vir die derde agtereenvolgende jaar hande om maatskaplike werkers met die Hoopdraer-toekenning te vereer.”

Ontvangers van die toekennings is vroeër vanjaar deur die publiek genomineer vir hul passievolle toewyding en die bevordering, herstel en verbetering van maatskaplike funksionering in hulle gemeenskappe.

Die doel van hierdie toekennings is nie net ‘n simbool van waardering nie, maar ‘n huldeblyk aan die individue wat die ekstra myl stap om ander te ondersteun en gemeenskapslede te help ontwikkel sodat gemeenskappe gesond kan funksioneer.

“Die 12 maatskaplike werkers wat vanjaar vereer is, het nie net ‘n verskil gemaak nie; hulle het diep spore van hoop en positiewe verandering nagelaat in die lewens van diegene wat hulle gedien het. Ons bedank hulle vir hulle onuitputlike toewyding, en
ons vier die verhale van hoop wat hulle moontlik gemaak het,” sê Potgieter.

Selfs te midde van die uitdagings van ‘n swaar werkslading en emosionele uitbranding bly hulle vasberade om ‘n positiewe
impak te maak. Die onwrikbare roeping wat hulle voel om ‘n verskil te maak in die lewens van ander is iets wat ons diep waardeer en bewonder,” sê Yvette Erasmus, netwerkorganiseerder van Solidariteit se Beroepsnetwerke.

Mine Reynders, die Hoopdraer van die Vrystaat-streek.

 

Related Articles

 
Back to top button