Local newsNews

Koedoeslaagte-uitdagings stel bergfietsryers nie teleur nie

Onder bergfietsryers is die Koedoeslaagte roetes baie gewild

Koedoeslaagte was weer vol uitdagings, en is bergfietsryers nie teleurgestel toe daar op 10 April in perfekte sonskynweer deelgeneem is aan die NWU-Bergfietswedren.

Met 220 bergfietsryers uit tien van Gauteng se top-sportskole, was die tafel gedek vir ‘n opwindende dag!

Vir die 18-jarige Mary-Elizabeth Moolman van Hoërskool Waterkloof, was dit haar eerste bergfietsren. 

Deelnemers kon nie uitgepraat raak oor die natuurskoon- en natuurlik die baan nie! Die roetes het gewissel tussen 10- en 30km, met ‘n hoogtetoename van 86m. Daar was natuurlik ook ‘n paar uitdagende tegniese areas, net om dinge interessant te hou.

Hoërskool Menlopark het weggery met die goud, gevolg deur Nelspuit, Waterkloof en Kemptonpark vierde.

Dit was ‘n goed georganiseerde wedren wat beslis vir Koedoeslaagte ‘n hele paar avontuurlustige aanhangers besorg het.

Related Articles

 
Back to top button