Local newsNews

So maklik verloor mense hul swaarverdiende geld

Moenie dink dit kan nie met jou gebeur nie. Dit is geen 'bargain' as jy jou geld op dié manier verloor nie.

Is jy ook een wat vrek oor ‘n ‘bargain’. Of dit nou ‘n leer sitkamerstel, ‘n stel gholfstokke of ‘n paar valstande is – mense is ewig op soek na ‘n ou winskopie. Met Facebook en ander sosiale media platforms, is aanlyn kopies ‘n groot versoeking. Jy kan letterlik op jou selfoon blaai van die een ‘bargain’ na die ander en vinnig en maklik vanuit die gerief van jou huis ‘n paar winskopies kry. Als aanlyn.

Maar oppas! Naas diefstal is aanlyn bedrog en skelmstreke van die grootste misdaad waarmee die polisie te doene kry.

Mense koop en verkoop laat dit bars aanlyn, maar baie selde word die webtuiste of persoon wat die item verkoop se profiel nagegaan. Vergeet maar daarvan om die telefoonnommer of adres agterna op te spoor – skelms is baie meer uitgeslape as dit.

Weet maar – as iets te goed is om waar te wees, dan is dit. Dalk het jy al sonder probleme ‘n hele paar goed aanlyn bestel of gekoop, maar onthou net daar is altyd ‘n eerste keer vir alles. Dalk is jy die volgende een wat met ‘n aanlyn kopie uitgevang word en van jou swaarverdiende geld verloor.

  • Moenie geld oorbetaal in iemand se rekening wie jy nie ken nie, of nog nooit vantevore mee besigheid gedoen het, sonder om verwysings eers vooraf behoorlik na te gaan nie.
  • Sien is glo. Gaan kyk na ‘n item wat privaat verkoop word voordat jy sommer net aanlyn koop.
  • As ‘n item deur ‘n besigheid geadverteer word, skakel die besigheid en bevestig of hul wel die item op sosiale media platforms te koop aangebied het en die inligting op die advertensie korrek is.
  • Moenie jou unieke pinkode (OTP) vir iemand gee wat jou sou skakel nie, nie eens as hulle hul sou voordoen om van ‘n bank te wees nie.
  • Aanlyn bedrog gebeur daagliks. Mense word aanhoudend gewaarsku maar slaan nie ag op waarskuwings nie. Dit kan met jou ook gebeur, en as jy eers die geld oorbetaal het en gevang is vir ‘n slenter, kan jy maar vergeet om dit terug te kry want jy het sonder dwang die transaksie gedoen op eie risiko.

Related Articles

 
Back to top button