Local newsNews

Buurtwagte se sigbaarheid hou booswigte weg

Moet nooit die waarde van buurtwagpatrollies onderskat nie. Parys SAPD en die Parys GPF hou saam met lede van die gemeenskap 'n wit- en blou lig patrollie op Vrydag 17 Mei. Kom neem deel en help om misdaad vas te vat. Daar sal om 20:00 op die parkeerterrein voor Mr Price by die Pick 'n Pay-sentrum in Parys bymekaar gekom word.

 

Die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 19 April in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep..

 Altesaam 192 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 4 520 km in 101 voertuie afgelê. Daar het ook 19 persone van ander instansies, soos die SAPD, GPF en sekuriteitsmaatskappye deelgeneem. Die veiligheidstrukture wat deelgeneem het, was Bothaville, Sasolburg, Songloed, Hartbeesfontein, Potchefstroom en Stilfontein.

Daar was min ernstige insidente in die streek, wat moontlik toegeskryf kan word aan die groot sigbaarheid van die buurtwagte.

In Sasolburg het die buurtwag gehelp om ’n vermeende ontvoering te fnuik en in Potchefstroom het die buurtwag ondersteuning gebied op ’n baie ernstige motorongeluktoneel buite die dorp.

“Ek is baie trots op hierdie Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die organisasie se nasionale patrollie deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hul onderskeie gemeenskappe om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

 

Related Articles

 
Back to top button