Local newsNews

Twintig skape ingeprop in Isuzu op N1 gekry

Polisie arresteer drie

Twintig skape ingeprop agterin ‘n Isuzu bakkie, is Donderdag 25 April deur lede van die Kroonstadse hoofwegpatrollie gekry toe hulle die N1 gepatrolleer het.

Drie verdagtes tussen die ouderdom van 32 en 46 is gearresteer en is aangekla vir veediefstal. Daar is ook beslag gelê op die bakkie en skape.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die skape in Wepener gesteel is.

 

Related Articles

 
Back to top button