Local newsNews

Adriaan veilig in JBay na 1229 kilometer se trap

Wat 'n merkwaardige projek!

Vandag kon Adriaan van der Westhuizen sy ‘To do List’ merk as ‘Done’.

‘n Totaal van 1 229km in dertien dae wat hy te fiets afgelê het van Johannesburg na Jeffreysbaai om geld in te samel vir Geopende Deure.

Geoepende Deure is ‘n internasionale, nie-winsgewende bediening wat ondersteuning aan vervolgde Christene wêreldwyd gee.

Adriaan het vroeër vandag sy laaste skof tot in Jeffreysbaai suksesvol afgelê. Teen gister het hy alreeds R111 640 ingesamel van die R120 000 doelwit wat hy vir homself vir die fietstoer gestel het.

Noudat sy reis voltooi is, is sy vliegkaartjie geboek terug Johannesburg toe, want van dag 1 toe hy in Parys gestop het vir sy eerste oornagpunt, het Adriaan geskerts dat daar nie ‘n manier is dat hy terugtrap Johannesburg toe nie.

Jy kan meer lees oor Geopende Deure by www.opendoors.org.za.

As jy ‘n bydrae wil maak ten bate van Geopende Deure, gaan na https://www.backabuddy.co.za/campaign/1200 km-bible-ride

Alternatiewelik kan jy ‘n elektroniese inbetaling maak: Geopende Deure, Absa takkode 632005, rekeningnommer 917 217 4758. Die verwysing is BG24.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button