Local newsNews

Parys Montesorri kuier by dorpsbiblioteek

Die liefde vir lees is een van die belangrikste en kosbaarste vaardighede wat jy jou kinders kan leer.

Dit is nie net die grondslag van sukses op skool nie, maar ook vir latere sukses in jou beroep. Juis daarom is dit so belangrik om van jongs af by kinders ‘n liefde vir lees te kweek.

Kinders wat in ‘n huis grootword met boeke waar ouers dit geniet om te lees, leer dat lees ‘n aangename en onspannende aktiwiteit kan wees. Lees- en taalvaardighede ontwikkel op ‘n vroeë ouderdom, en is dit belangrik dat ‘n kind lees, of dat daar hardop vir ‘n kind gelees word, om hierdie vaardighede te ontwikkel.

Kinders van Parys Montesorri het Woensdag, 24 April op Wêreld Boekedag by die Parys openbare biblioteek gaan inloer. Baie moeite is deur die biblioteekpersoneel gedoen om tyd saam met die kinders te spandeer en hulle nie net die biblioteek te wys nie, maar ook saam met hulle te lees.
Wêreld Boekedag is die eerste keer in 1995 gevier om mense aan te moedig om te lees.

Onthou dat jy die Parys openbare biblioteek Maandae tot Vrydae van 08:45 tot 16:30 kan besoek. Lidmaatskap is gratis en jy kan boeke en CD’s uitneem.

Daar is ook internetfasiliteite beskikbaar wat gratis vir ‘n uur gebruik kan word. Vir die kinders is daar ‘n spesiale kinderafdeling, en kan kinders ook in die biblioteek hulself ure lank besig hou met ‘n verskeidenheid van opvoedkundige speletjies en speelgoed.

Om lid te word moet jy ‘n afskrif van jou ID/ smart card bring, bewys van jou woonadres en verwysings en kontaknommers van twee persone wat nie by jou woon nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button